Ons
het heelwat bespreking gehad om te
besluit of ons hierdie webtuiste in
Afrikaans moet doen, en of ons dit in
Afrikaans sowel as Engels moet publiseer.
Hoewel dit waar is dat die meeste Suid
Afrikaanse Venters, Afrikaans sprekend
is, is dit ook waar dat daar heelwat
Engels sprekende Venters in Suid Afrika
is. Verder het daar ook baie van die
Venter familie die land verlaat en hulle
gaan vestig in Europa, Amerika,
Australie ens. en baie van hierdie
gemeenskappe (veral vanaf die tweede
geslagte) is nie meer bekend met
Afrikaans nie. Indien ons hierdie
webtuiste net in Afrikaans sou publiseer,
word hierdie familielede uitgesluit en
kan hulle nie deel in die ryk en
interessante geskiedenis van die Venter
familie nie. Dan ook is die Internet
hoofsaaklik 'n Engelstalige medium en
ons het gevoel dat ons graag almal (of
so veel moontlik) wil bereik en van ons
geskiedenis vertel. Om die webtuiste in
Afrikaans en Engels te publiseer is nie
haalbaar nie, en dit verdubbel die werk
en instandhouding van hierdie werf. Ons
het dus besluit om slegs in Engels te
publiseer.
Julle
is welkom om in Afrikaans met ons te
kommunikeer, of op die Venter Gemeenskap
Forum in Afrikaans te skryf, maar ons
wil tog wel vra dat julle ons
Internasionale besoekers in ag moet neem,
sodat hulle ook kan deel in wat geskryf
word.
Stuur
vir ons 'n Tweet (Twitter) in Afrikaans
by
@VenterCommunity
Almal
is welkom, maar ons sal geen inhoud
aanvaar wat 'n politieke, godsdienstige,
rassistiese of seksistiese basis het nie.
Laat hierdie liewer vir besprekings op
ander forums. Nie almal glo of dink
dieselfde nie. As dit so was, sou ons
almal aan dieselfde politieke party of
godsdienstige oortuiging behoort het.
Hierdie
webtuiste is tot stand gebring omdat ons
nerens 'n "regte" Venter tuiste kon
opspoor wat gaan oor die Venter
geskiedenis nie, en wat uitgebreide
inligting in hierdie opsig bevat nie.
Meeste webtuistes behoort aan individue
en fokus rondom persoonlike familie
geskiedenis en voor/nageslagte. Baie van
hierdie tuistes publiseer ook verkeerde
inligting en ons het gevoel dat 'n
onafhanklike Venter "plek" op die
Internet nodig is.
|